Hoërskool Pionier – Welgedaan aan die Matrieks van 2015

Pionier spog met ‘n 100% slaagsyfer vir 2015.

Uit die 107 matrikulante wat die eindeksamen afgelê het, behaal hulle 99 A-simbole, 169 B-simbole en 174 C-simbole. Kandidate wat ‘n A gemiddeld behaal het: Elmien ‘Keeza’ Kriel met ‘n gemiddeld van 82,9%, Nicole Pelzer met ‘n gemiddeld van 82,3%, Stephan Kruger met ‘n gemiddeld van 81,3%, Heidi Steffen met ‘n gemiddeld van 81,1%, Berni Smith met ‘n gemiddeld van 81,1%, Rudi Barkhuizen met ‘n gemiddeld van 80,9% en Karen Engelbrecht met ‘n gemiddeld van 80%. Ander gemiddeldes wat die kandidate behaal het is 21 B-gemiddeldes en 34 C-gemiddeldes. 79% van 2015 se matrikulante kan spog met universiteitstoelating vir 2016. Baie geluk aan elke leerder wat kan spog met hulle persoonlike beste.

Totsiens Mnr R Kritzinger: Ons sê vaarwel aan Meneer R Kritzinger wat aan die einde van 2015 die hoofdepos by Lukas Meyer Laerskool aanvaar het. Hy het diep spore getrap by Pionier en was vir meer as 30 jaar deel van die Pionier-familie en hy sal verseker gemis word. Ons wens hom sterkte toe vir hierdie nuwe lewensreis wat voorlê.

Nuwe personeel: Ons verwelkom graag die volgende nuwe personeellede by Pionier: Mej C Potgieter, Mej S Jacobsz, Mej E Mostert en Mnr P du Toit. Welkom ook aan Mev J Botha wat die adjunk-hoof pos vul. Ons sien uit om julle as deel van die Pionier-familie te verwelkom.

Welkom graad 8 leerlinge: Ons is opgewonde om julle te verwelkom as deel van ons Pionier-familie en weet sommer dat julle dit vreeslik sal geniet by ons skool.

 

  AUTHOR
Elaine Rodway

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Vryheid SPCA – Why adopt an older cat?