Pionier kraai koning in Puk 16-reeks

Die Eerstes saam met prof Fika Jv Rensburg – Puk rector.

Uitgereik deur Hoërskool Pionier

SÓ sal dit in die geskiedenisboeke ingeskryf wees: Hoërskool Pionier en Pretoria-Noord met 168 punte elk – deel die Sportskool van 2017-trofee!

Wat ‘n manifieke prestasie in die derde jaar wat Pionier aan die reeks deelneem nadat ons verlede jaar tweede en in 2015 derde was. Daarbenewens het die hoofwedstryd, waar die eerste rugbyspan vir die goue medalje teen Bekker moes uitspeel, bepaal waar Pionier in dié reeks sou eindig. Hierdie wedstryd was ‘n naelbyt-finaal en Christiaan Zietsman het met ‘n strafskop die “Wit Bulle” in die finale minuut gelykop met 14 elk laat loop. Elke span se poging het bygedra tot die wenpunte. In dié reeks het Pionier teen verskeie van die ander 16 skole in die finaal op Potchefstroom meegeding.

Só lyk die uitslae: Netbal: 2de in reeks, Hokkie: Wen alles op die dag, en Rugby: 0/16- en 1ste span eindig eerste in reeks, 0/14 – Pionier vs Bekker 20-22, 0/14 – Pionier vs Schoonspruit 3-0, 0/14 – Pionier vs Overvaal 31-5, 0/15 – Pionier vs Wolmaranstad 17-19, 0/15 – Pionier vs Overvaal 1-1, 0/15 – Pionier vs Wolmaranstad 10-31, 0/16 – Pionier vs Vryburg 10-22, 0/16 – Pionier vs Bekker 2-0, 0/16 – Pionier vs Overvaal 31-24, 2des – Pionier vs Overvaal 12-17, 2des – Pionier vs Schoonspruit 2-0, 2des – Pionier vs Overvaal 24-15, 1stes – Pionier vs Vryburg 27-19, 1stes – Pionier vs Leeuwenhof 4-0 en 1stes – Pionier vs Bekker 14 elk. Gholf: Pionier 48 punte, Seuns hokkie: Schoonspruit 1-4; 0-2 vs Piet Retief.

Spelers van die wedstryd: Geoanie Schwartz, Laurika Nel, Lala Gumede, SW Craig, Christiaan Zietsman en Divan Bezuidenhout.

Pionier Opedag 2017: Vrydag, 12 Mei, is weereens ‘n dag om na uit te sien. Alle voornemende leerlinge wat deel wil wees of word kan Pionier besoek op 12 Mei vanaf 8:30 tot 12:30. Ons sien daarna uit om u te ontvang. Skakel gerus mev Delmaré van der Walt by die skoolkantoor 034 981 3145 vir verdere navrae.

Kalender: 6 Mei – R:H:N teen Voortrekker, 12 Mei – Pionier Opedag.

If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 39 30.

Also Find us on: FacebookTwitter, and on Whats App 060 986 0731.

  AUTHOR
Elaine Rodway

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Paper truck consumed by fire