Provinsiale verteenwoordigers

Provinsiale verteenwoordigers in Rugby, Hokkie en Netbal.

AS skool is ons baie trots op al die leerlinge wat hul Noord-KZN en Zululand kleure ontvang het vir rugby, hokkie en netbal.

Die aantal leerlinge van LMS wat by hierdie spanne ingesluit is bevestig dat LMS ‘n skool is waar kwaliteit afrigting gebied word. Geluk aan die volgende leerlinge: Noord-KZN Rugby – Janus Pretorius, AJ Knoetze, Ryno Landsberg, Hermanus Steenkamp, Lourens Botes en Duan Davel. Zululand Hokkie – Zanelle Ihlenfeldt, Monique Lombard, Anya Richter, Anika Smit, Johanné Smith, Nadine van Wyk, Nicole Wessels, Estia Breytenbach, Nina Coetzee, Mia Coetzee, Annelize J van Rensburg, Zoé Richards en Alicia Erasmus. Zululand Netbal – Carmen Barsdorf, Nicola Smith, Mia van Deventer en Layla Muller.

YOU MAY ALSO WANT TO READ:

Lucas Meyer Primêre Skool – ‘Dankie, Helpende Hand’

Wintersport: Die wedstryde teen Dundee Junior Skool het in ‘n goeie en opbouende gees plaasgevind. Die uitslae is soos volg (LMS telling eerste): Netbal – O/10, 0-6; O/11, 4-6; 2de, 6-3; 1ste, 9-7. Hokkie – O/10, 1-0; 2de, 0-0; 1ste, 1-1. Rugby – O/10A, 5-12; O/11A, 52-17; 2de, 17-5; 1ste, 28-34. Al die leerlinge het puik gespeel en ons is baie trots op hulle.

Voortrekkers: Drie van LMS se leerlinge het die afgelope vakansie ‘n Voortrekker kamp bygewoon. Hulle ververf ook soos volg toekennings: Suné de Swardt: Groot Trek Spesialisasie, Yvette de Swardt: Roeikuns Spesialisasie, JC van Rooyen: Varswaterhengel Spesialisasie.

ALSO READ:

Lucas Meyer Primêre Skool – Wêreld Kankerdag – LMS gee om

Skyfskiet: Tydens die Liga 3 Kompetisie het JP Barnard ‘n silwermedalje en Jadon Richter ‘n bronsmedalje verwerf. Die volgende skuts het ook hul persoonlike beste tellings verbeter en medaljes ontvang: Jadon Richter, Tiaan Colloty, William Harris, Brian vd Watt, Rhyno van Zyl, Ronaldo van Ellinckhuyzen, JP Barnard en Heinz Seegers. Geluk met jul prestasies!

Ruitersport: Geluk aan LMS se twee kranige ruiters wat puik gevaar het by die KZN-Skolekompetisie. Nina Terblanché behaal twee 1ste plekke, twee 2de plekke, ‘n 3de plek en twee 4de plekke, terwyl Lise Terblanché drie 2de plekke behaal het.

Program: 5 Mei – KZN Netbalproewe, 6 Mei – RHN teen Drakensberg (tuis), 9 Mei – RHN teen Pongola (tuis).

  AUTHOR
Uitgereik deur Lucas Meyer Primêre Skool

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Hengelaars ken hul storie