Loopbaandag by voorskool

Opgewonde kleuters by die Nooddienste met hul beroepsdag.

ONS kleuters het ‘n wonderlike loopbaandag verlede week gehad. Al die kleuters het aangetrek soos die beroep wat hulle eendag wil volg. Ons polisiemanne en -vroue, asook brandweerpersoneel het groot aftrek gekry. Daar was ook ‘n hele paar onderswysers, dokters, verpleegsters en ‘n vlieënier of twee. Die nooddienste en polisie het ook ‘n vertoning gelewer van ‘n ongeluksituasie wat die leerlinge baie beïndruk het. Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het om hierdie dag so ‘n groot sukses te maak.

KRIEKET: Die o/11A’s speel tuis teen Pongola en wen die wedstryd met 9 paaltjies. Die beste bouler is Samuel Steun wat 3 paaltjies vir slegs 2 lopies neem, terwyl Dylan Smith 19 lopies aanteken, nie uit nie. Die o/11B’s speel teen ‘n baie sterk Michaelis en kon slegs 15 lopies aanteken. Michaelis behaal 86 lopies vir die verlies van net 1 paaltjie. Die beste kolwer is Kryno Els met 6 lopies en die beste bouler is Anro Swanepoel.

Ons juniors het aan ‘n minitoernooi te Huttenpark in Newcastle deelgeneem. Elke speler het dit geniet en baie goeie ervaring opgedoen. Dankie aan al die ouers wat LMS se spanne ondersteun het.

YOU MAY ALSO WANT TO READ: Pionier skyfskiet in die kol by interskole

AND: A busy week at Vryheid High

KZN 7’s-RUGBY: Ons is baie trots op AJ Knoetze wat ingesluit is by die KZN 7’s-Rugbyspan wat later vanjaar aan ‘n interprovinsiale toernooi gaan deelneem. Dit is ‘n besondere prestasie en ons wens AJ baie voorspoed toe.

OPVOEDKUNDIGE TOERE: Die Gr. 6-leerlinge het ‘n baie leesame toer na Babanango onderneem, terwyl die Gr. 7-leerlinge St. Lucia besoek het. Verskeie onderwerpe wat by die leerplan inskakel, is met hulle behandel, terwyl daar ook oorgenoeg tyd vir ontspanning was.

ATLETIEK: Geluk aan Jayden van Eck en Shanroux van der Laan aan wie kleure vir atletiek toegeken is. Beide spog met hul KZN-kleure.

Program:

01/09 Lentedag

01/09 NKZN o/13 Krieketproewe

06/09 LMS Minikriekettoernooi

12-14/09 LMS Opvoering

  AUTHOR
Uitgereik deur Lucas Meyer Primêre Skool

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Armed robbers get away with large amount of cash