Die Pioniers groet Lara Dedekind(20/10/1999 – 16/10/2017)

Lara Dedekind was Pionier se eerstespan hokkiekaptein.

“Liefste Laar, wanneer ons met stukkende harte, bloedrooi gehuilde oë en verpletterde gemoedere terugkyk oor die laaste paar hartseer dae, is dit so duidelik dat jy by ‘n ieder en ‘n elk wat jou geken het, net positiewe gedagtes en onvergeetlike herinneringe agtergelaat het.

YOU MAY ALSO WANT TO READ: Dedekind family reveals Lara’s final gift of love

“Almal het net mooi dinge te sê, soos: “Lara Dedekind, jy was een van die pragtigste mense wie se liggie vir ewig sal bly skyn.” of “ Jy het voetspore agtergelaat wat niemand sal kan vul nie.” Die hordes foto’s wat jou tydelike verblyf hier op aarde permanent gemaak het, is die ekwivalent van sprankel, skranderheid en skoonheid. Voorwaar een van God se beeldskoonste skeppings.

Lara op die dag van haar matriekafskeid.

Met jou permanente, opregte glimlag en onberispelike maniere, het jy daagliks, deur die skool- en koshuisgange, harte aangeraak. In die klas was dit net ‘n voorreg en plesier om jou daar te kon hê. Wanneer jy soms laaste haastig ingeval gekom het, is dit omdat jy nog een van jou vele verantwoordelikhede vinnig tussen in moes inpas. Jou unieke, netjiese, lopende handskrif wat lyk asof dit elektronies aangebring is, spreek van jou netjiese en onbesproke karakter. Nooit sou jy uit jou beurt ‘n woord rep nie. Wanneer jy wel jou spraak moes sprook, was jou toesprake van oratorsformaat. Met trots sou jy verduidelik hoe die “Melkweg”-gang versier is vir die tradisionele gangbeoordeling. Alles wat jy aangepak het, was met ywer: alles of niks. ‘n Absolute sterstudent.

As vise-president 2017 van Hoërskool Pionier en onderhoofdogter by die koshuis, was Lara Dedekind ‘n leier wat met liefde en omgee haar plek verdien, beklee en deeglik volgestaan het.

Jou posisie as vise-president 2017 van Hoërskool Pionier, jou onderhoofdogterskap by die koshuis, die feit dat jy die bal kon slaan as eerstespan-hokkiekaptein, spreek van die leier wat jy was. ‘n Leier wat met liefde en omgee haar plek verdien, beklee en deeglik volgestaan het.

ALSO READ: VIDEO: Praying for Lara and Amy

Sover as wat jy gegaan het, het jy harte aangeraak. Met jou lewenswysheid, volwassenheid, skerpsinnigheid en sportervaring, het jy so graag gehelp waar jy kon. Iemand wat meer op ander gefokus het, as op jouself. Daardie kyk in jou oë het net liefde en omgee uitgestraal.

‘n Spreekwoord wat jy self graag gebruik het, som presies op wie JY was: “Aspire to Inspire before you Expire” ~ Eugene Bell Jr.

Tong in die kies, sal ons jou onthou vir jou voorliefde vir die tamatiesousbottel! As daar ‘n plat oppervlak met iets eetbaars voor jou neergesit is, moes dit ge”tamatiesous” word.

Langhaar-Laar, ons groet jou dan met ‘n yslike knop in die keel en trane wat vrylik vloei, maar nóóit sal ons jou vergeet nie.

‘n Spreekwoord wat jy self graag gebruik het, som presies op wie JY was:

“Aspire to Inspire before you Expire” ~ Eugene Bell Jr.

  AUTHOR
Uitgereik deur Hoërskool Pionier

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Pionier skyfskiet in die kol by interskole